Opvoedkundige Sielkunde

Die opvoedkundige sielkundige assesseer, diagnoseer en behandel kinders en adolessente. Hiermee het hul ten doel om psigologiese aanpassing, leer en ontwikkeling by kinders en adolessente in die kontekste van gesinne, opleidingsinstansies, sosiale- en portuurgroepe sowel as gemeenskappe te fasiliteer. Ouerleiding met volwassenes betrokke by die kind of adolessent vorm in baie gevalle ‘n integrale deel van hierdie proses.

 

Afsprake/Diensinligting

Sielkundige dienste word gelewer onder spesifieke voorwaardes. Lees asseblief die Kliente-Inligtingsdokument / Diensvoorwaardeskontrak voordat u ‘n afspraak maak. Afsprake kan telefonies of deur voltooiing van die afspraak/navraag-vorm gemaak word.