Judy Ferreira-Prévost

Judy Ferreira-Prévost

HPCSA PS 0090417
PR Nr: 0195510
BA, HOD, BEd (Sielk), MEd (Sielk)

 

Judy Ferreira-Prévost het in Pretoria grootgeword en as Opvoedkundige Sielkundige gekwalifiseer. Sy het aanvanklik by ‘n tegniese kollege vir 6 jaar as dosent en skakelbeampte gewerk terwyl sy verder gestudeer het. Sy het ook werskwinkels oor studiemetodes vir skoolkinders aangebied en het haar internskap vir Opvoedkundige Sielkunde by ‘n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes voltooi. Judy was ook betrokke by geestelik-georiënteerde werkswinkels wat hoofsaaklik op tieners en jong volwassenes gefokus het.

 

Judy is sedert 2006 in privaatpraktyk. Sy was ook by die Universiteit van Pretoria betrokke as dosent, navorserbeampte en fasiliteerder van programontwikkeling. Sy is getroud en het een kind.